Lucara diamant
Hierdie artikel is ingeskryf vir die Skole Skryfkompetisie [1]. | |
As u van plan was om ’n groot wysiging aan hierdie artikel aan te bring, is dit miskien ’n beter idee om dit vir eers op die besprekingsblad voor te stel. Nog inligting hier. |
Diamante is die kosbaarste, skitterendste en hardste edelgesteentes wat bekend is en bestaan uit kristallyne koolstof, gewoonlik kleurloos of getint en deursigtig of deurskynend. Diamante is geweldig duur as gevolg van hulle sterk vermoë om nie te breek nie en diamante kan slegs kleiner/ in meer eenvoudiger stukkies geslyp word deur n ander diamant.
Grootste diamant in die wêreld
wysigDie grootse diamant in die wêreld is op 26 Januarie 1905 deur Frederick Wells tydens 'n roetineinspeksie in die Premiermyn gevind. Ongeveer 6 meter onder die oppervlak sien hy 'n glinstering in die dak van die myn. Met nadere ondersoek vind hy 'n 3106, 75 karaat diamant (621,35 g), 10,1cm lank, 6,35 wyd en 5,9 cm diep en sedertdien staan die diamant bekend as die Cullinan-diamant wat tot vandag steeds die grootste diamant is wat ooit ontdek is. Na die ontdekking is die diamant verdeel in verskeie kleiner diamante, waarvan baie dele van die diamant deel is van die Britse kroonjuwele.
Impak op ekonomie na die grootste diamant ontdek is
wysigNa die ontdekking van die grootste diamant het die mynboubedryf in Suid-Afrika 'n groot hupstoot gekry. Dit het 'n aansienlike toename in mynaktiwiteite en belangstelling in diamantontginning in die land veroorsaak. Die ontdekking het die Suid-Afrikaanse diamantbedryf internasionale bekendheid gegee en ‘n impak gehad op die ekonomie van die land. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het gegroei deur die werksgeleenthede wat geskep was, die bevordering van die mynboubedryf en die verhoogde uitvoer van diamante wat bygedra het tot die land se inkomste en internasionale reputasie.
Die ontginning van die tweede grootste diamant
wysigVanaf die grootste diamant in die wêreld ontdek is in Februarie 1905 is daar tot en met onlangs geen ander groot ontdekking in die diamant wêreld gemaak wat die Cullinan- diamant se posisie as die grootste diamant ter wêreld kon beinvloed het nie.
In Augustus 2024 is daar egter ‘n diamant van 2 492 karaat in Botswana opgegrawe wat vandag as die tweede grootste diamant in die wêreld bekend staan. Die diamant is gevind by Karowe-myn, sowat 500 km (300 myl) noord van Botswana se hoofstad, Gaborone deur n Kanadese mynmaatskappy, Lucara Diamant Corporation deur gebruik te maak van gevorderde tegnologie. Botswana se regering het gesê: “Dit is die grootste diamant wat nog ooit in die Suider-Afrikaanse staat ontdek is.” Lucara se president, William Lamb, het nie aangedui wat die waarde van die steen is nie, maar het aangedui dat hulle in ekstasie is oor die vonds. Anonieme bronne het egter aan die Britse koerant, die Financial Times gesê dat die diamant tot $40-miljoen of sowat R720-miljoen werd is.
Hierdie ontdekking onderstreep Karowe se reputasie as ’n wêreldklasbate en bevestig weer Lucara se posisie as ’n toonaangewende produsent van groot, uitsonderlike diamante. Hierdie jongste ontdekking is deel van ’n indrukwekkende lys van ander belangrike fondste in die myn, insluitend die 1 758 karaat-Sewelô en die 1 109 karaat- Lesedi La Rona wat ook in die myn ontgin is.
Hierdie fonds wys nie net die merkwaardige potensiaal van die Karowe-myn nie, maar regverdig ook hulle strategiese belegging in toonaangewende tegnologie.
“Die vermoë om so ’n massiewe klip van hoë gehalte ongeskonde te ontgin demonstreer die doeltreffendheid van ons benadering tot diamantontginning en ons toewyding om waarde vir ons aandeelhouers en belanghebbendes te bied,” het William Lamb, voorsitter en uitvoerende hoof van Lucara, gesê ná hierdie geskiedkundige ontdekking.
Botswana se diamantbedryf bied wydlopende sosiaal-ekonomiese voordele aan die land wat veel verder strek as die mynbousektor. Die invloed daarvan ondersteun nasionale ontwikkeling deur kritieke areas soos onderwys en gesondheidsorg te befonds.
Botswana se voormalige president Mokgweetsi Masisi was van die eerstes wat die historiese juweel gehou het, en beskryf dit as 'n belangrike oomblik vir die nasie. Hierdie ontdekking simboliseer ook Botswana se voortgesette opgang as ’n wêreldleier in diamantproduksie. Dit verteenwoordig nie net die rykdom wat in Botswana se grond gevind word nie, maar ook die merkwaardige vordering wat die nasie gemaak het in die ontwikkeling van sy diamantbedryf tot voordeel van sy burgers.
X-straaltegnologie wat gebruik is om die tweede grootste diamant te ontgin
wysigHierdie massiewe diamant, so groot soos die palm van 'n hand, is opgespoor met behulp van die nuutste X-straaltegnologie, spesifiek ontwerp om groot diamante ongeskonde op te spoor en te herwin, dit sluit in die gebruik van X-straalspektroskopie en X-straalfluoresensie. Hierdie tegniek laat mynwerkers toe om die samestelling van gesteentes en minerale te ontleed, en om die teenwoordigheid van diamante te identifiseer. Die tegnologie, wat sedert 2017 by die Karowe-myn geimplementeer is, het 'n deurslaggewende rol gespeel in die behoud van die integriteit van die klip tydens ontginning.
X-straalfluoresensie, deur ‘n monster met X-strale te bestraal, wat die atome in die monster aktiveer en hulle laat fluoresseer. Die spesifieke golflengtes van die fluoreserende lig kan dan ontleed word om die samestelling van die monster te bepaal. Dit help om die plekke te identifiseer waar diamante teenwoordig kan wees, wat die ontginningsproses meer doeltreffend maak.
Bronnelys
wysig- M. Nanni, 22 Augustus 2024, https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/tamaai-diamant-in-botswana-gevind/, Maroela Media, besoek op 4 Oktober 2024
- R. Marx, 2024, https://kosmos.com.na/botswana-spog-met-tweede-grootste-diamant-ooit/, Kosmos, besoek op 12 Oktober 2024
- R. Snyders, 22 Augustus 2024, https://volkskrag.co.za/2024/08/22/, Volkskrag, besoek op 15 Oktober 2024