Lucille Ball
Lucille Désirée Ball (6 Augustus 1911 – 26 April 1989) was ’n Amerikaanse aktrise, komediant, model en televisievervaardiger. Sy was veral bekend as die ster van die sitkoms I Love Lucy, The Lucy–Desi Comedy Hour, The Lucy Show, Here's Lucy en Life with Lucy, wat sy self vervaardig het.[1]
Lucille Ball | |
Ball in 1976.
| |
Geboortenaam | Lucille Désirée Ball |
---|---|
Geboorte | 6 Augustus 1911 |
Sterfte | 26 April 1989 (op 81) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise, komediant, model, vervaardiger |
Aktiewe jare | 1929–1989 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Loopbaan
wysigBall se loopbaan het in 1929 begin toe sy as model begin werk het. Kort daarna het sy op Broadway toneelgespeel onder die naam "Diane Belmont". In die 1930' en 1940' het sy in kleiner rolle in rolprente verskyn. In dié tyd het sy die musikant en akteur Desi Arnaz ontmoet en hulle is in November 1940 getroud.
In die 1950's het Ball op televisie begin verskyn. Sy en Arnaz het die sitkomreeks I Love Lucy in 1951 begin, en dit het een van die gewildste programme in die geskiedenis geword. Die paar is in Mei 1960 geskei. In 1961 het sy met die komediant Gary Morton getrou.[2]
In 1962 het Ball die eerste vroulike hoof van ’n groot televisie-ateljee, Desilu Productions, geword. Dit het gewilde reekse soos Mission: Impossible en die oorspronklike Star Trek vervaardig.[3] Ball het steeds op televisie en die silwerdoek toneelgespeel, tot met haar dood op 77 in April 1989.[4]
Sy is vir 13 Emmys benoem en het vier gewen.[5] In 1977 was sy een van die eerste ontvangers van die Women in Film Crystal Award.[6] Sy het ook die Golden Globes se Cecil B. DeMille-prys in 1979 gewen,[7] die Kennedysentrum-eerbewys in 1986[8] en die Goewerneursprys van die Academy of Television Arts & Sciences in 1989.[9]
Verwysings
wysig- ↑ "Lucille Ball Bio" (in Engels). tv.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2010. Besoek op 2 April 2008.
- ↑ Sanders, Coyne Steven; Gilbert, Thomas W. (1993). Desilu: The Story of Lucille Ball and Desi Arnaz. HarperCollins. ISBN 978-0-688-13514-0.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ "Arnaz Quits Presidency Of Desilu; Former Wife, Lucille Ball, Gets Post", Wall Street Journal, 9 November 1962, p. 18.
- ↑ "Lucille Ball". Morbid Curiosity. Besoek op 6 April 2008.
Lucille Ball is recovering and dies
- ↑ "Lucille Ball: Biography" (in Engels). punoftheday.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2018. Besoek op 2 April 2008.
Ball wins four Emmys and nominated for a total of 13
- ↑ "Past Recipients: Crystal Award". Women In Film (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2015. Besoek op 10 Mei 2011.
- ↑ "The Cecil B. DeMille Award" (in Engels). Hollywood Foreign Press Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2012. Besoek op 10 Maart 2012.
- ↑ "List of Kennedy Center Honorees" (in Japannees). Kennedy-center.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2015. Besoek op 10 Maart 2012.
- ↑ "Hall of Fame Archives: Inductees" (in Engels). Academy of Television Arts & Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op 10 Maart 2012.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste
- Lucille Ball in die Internet-rolprentdatabasis
- Lucille Ball in die Internet-Broadway-databasis
- Lucille Ball Geargiveer 7 Februarie 2009 op Wayback Machine by die Museum of Broadcast Communications
- Lucille Ball (biografie in Encyclopaedia Britannica)
- Ongepubliseerde foto's Geargiveer 15 Januarie 2012 op Wayback Machine by LIFE.com
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lucille Ball.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia