Makanroesji
Makanroesji (Russies: Маканруши; Japannees: 磨勘留島, Makanru-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die noordelike eindpunt van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit is 28 km van Onekotan. Die naam kom van die inheemse taal Ainoe.
Makanroesji | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
Winter op Makanroesji, Januarie 2001. Noord is bo.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Маканруши 磨勘留島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 49 km2 |
Hoogste punt | Pik Mitaka |
Hoogte | 1 169 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Makanroesji is rofweg reghoekig en het 'n oppervlakte van 49 km2.[1] Dit bestaan uit twee slapende stratovulkane, Pik Mitaka (Russies: влк. Митака; Japannees: 三高山, Mitakayama), wat 1 169 m bo die seevlak uitrys. Die eiland se rande bestaan uit steil kranse en het geen sanderige strande nie; daarom is dit gevaarlik en moeilik om daar te land, al is die water kalm.
Verwysings
wysig- ↑ "International Kuril Island Project(IKIP)". University of Washington Fish Collection or the respective authors. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2013. Besoek op 23 Mei 2010.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Makanroesji.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.