Marieke Vervoort
Belgiese paralimpiese atleet
Marieke Vervoort (10 Mei 1979 - 22 Oktober 2019) was 'n Belgiese paralimpiese atleet wat dood is in 'n genadedood in Diest, België waar dit wettig is. Sy het aan degeneratiewe miëlopatie gely, 'n siekte van die ruggraat wat haar verlam gelaat het. Dit het ook uiteindelik haar ander liggaamsfunksies aangetas. Haar siekte het haar reeds voor 2000 verlam gelaat. Haar ouers was Odette en Jos.
Sy het in 2012 'n goue medalje in die 100 m (T52-klas) en 'n silwer in die 200 m by die Londense Paralimpiese Spele gewen. By die Paralimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro het sy 'n silwermedalje in die 400 m en brons in die 100 m rolstoelresies gewen.
Bron
wysig- Dapper Paralimpiese atleet sterf soos sy wou Rapport Weekliks. 27 Oktober 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Marieke Vervoort.