Mariette Bosch
Suid-Afrikaanse vrou wat in Botswana tereggestel is.
Mariëtte Sonjaleen Bosch (oorlede 31 Maart 2001, later ook bekend as Mariëtte Wolmarans[1]) was 'n Suid-Afrikaanse vrou wat op 31 Maart 2001 op 50-jarige ouderdom deur die regering van Botswana tereggestel is.[2] Sy is gehang vir die moord op Maria Magdalene "Ria" Wolmarans[3][4] in Junie 1996, ook 'n Suid-Afrikaanse vrou.[4] Bosch was die eerste wit vrou wat in Botswana tereggestel is.[3][5] Sy was die vierde vrou wat sedert Botswana se onafhanklikheid daar gehang is.[5] As gevolg hiervan is die moord wyd binne en buite Botswana in die media gerapporteer.[6] Daar is na die voorval verwys as Botswana se "White Mischief" (blanke onheil), 'n sinspeling op die 1987-rolprent oor 'n moordsaak waarby wit mense in Kenia betrokke was.
Mariëtte Sonjaleen Bosch | ||
Gebore | 1950 | |
Oorlede | 31 Maart 2001 | |
Rede vir dood | Eksekusie deur hang | |
Land | Botswana | |
Misdaadbesonderhede | ||
Plek | Gaborone | |
Slagoffers | 1 |
Verwysings
wysig- ↑ Meyer, Lukas. "SA vrou veg in skadu van Botswana-galg Geargiveer 17 Mei 2014 op Wayback Machine." Rapport. 9 Desember 2000. Besoek op 26 Maart 2013.
- ↑ Penketh, Anne. "America and the world's executioners join efforts to block UN moves to end death penalty." The Independent. 15 November 2007. Besoek op 26 Maart 2013.
- ↑ 3,0 3,1 Bird, Maryann. "Until Death Us Do Part Geargiveer 26 Maart 2013 op Wayback Machine." TIME. 12 Februarie 2001. Besoek op 26 Maart 2013. "Barring a presidential decree of clemency, Bosch—who still maintains she is innocent—would be the first white woman to be executed in Botswana's history."
- ↑ 4,0 4,1 "Bosch loses appeal Geargiveer 4 Oktober 2017 op Wayback Machine." Nuus24. 30 Januarie 2001. Besoek op 26 Maart 2013.
- ↑ 5,0 5,1 "Love-triangle murderer hanged." BBC. 2 April 2001. Besoek op 26 Maart 2013.
- ↑ "Bosch film row." BBC. 2 Mei 2001. Besoek op 27 Maart 2013.