Matsikammaberge
Die Matsikammaberge is 'n bergreeks wat in die Matzikama Munisipaliteit van die Wes-Kaap in Suid-Afrika geleë is. Dit is oos van Klawer en sowat 10 km suid van Vanrhynsdorp, tussen die Troe-Troe en Wiedourivier.
Matsikammaberge | |
---|---|
Ligging | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 636 meter bo seevlak |
Lengte | 13 km |
Rigting | Noord-suid |
Koördinate | 31°45′58″S 18°51′07″O / 31.7662°S 18.85193°O |
Bergtipe | Bergreeks |
Die bergreeks is gemiddeld 636 m bo seevlak met 'n hoogste piek van 1015 m, en voor die berg lê die Gifberg. Die Gifbergpas gaan egter oor die Matsikammaberge. Daar is verskeie unieke plante wat op die berge voorkom, onder andere die Gifberg-tolbos.