Mazda CX-5
Die Mazda CX-5 [9] is 'n kompakte oorkruis SNV wat deur Mazda vervaardig word sedert 2012 vir die 2013-modeljaar. Dit is Mazda se eerste motor wat die nuwe KODO – Soul of Motion ontwerptaal benut,[10] wat die eerste keer in die Shinari konsepvoertuig getoon is in Mei 2011.[11] Dit deel 'n platform met die Mazda3 en Mazda6.[12] Dit is ook die eerste voertuig met die maatskappy se volle Skyactiv-Tegnologie suite, met 'n stewige, liggewigplatform, gekombineer met 'n nuwe reeks van doeltreffende enjins met verminderde uitlaatbesoedeling en verbeterde brandstofverbruik. Die Skyactiv enjin- en transmissietegnologie is aanvanklik in die 2012 Mazda3 kompakte sedan en luikrug vrygestel.[13]
Mazda CX-5 Maxx AWD (Australië) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mazda |
Produksie | Oktober 2012–tans |
Modeljare | 2013–tans |
Montering | Ujina-aanleg No.2, Hiroshima, Japan[1][2][3] Kedah, Maleisië[4] Vladivostok, Rusland[5] Nanjing, China[6] |
Ontwerper | Masashi Nakayama (2009)[7] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte oorkruis SNV |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin voorwieldryf of Voorenjin vierwieldryf |
Platform | MAZDA SKYACTIV platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 L SKYACTIV-G (PE-VPS) I4-enjin 2.5 L SKYACTIV-G (PY-VPS) I4-enjin 2.2 L SKYACTIV-D (SH-VPTS) I4-enjin |
Ratkas | 6-gang handratkas 6-gang outomaties |
Lengte | 4540 mm |
Breedte | 1840 mm |
Hoogte | 1670 mm |
Massa | 1455 – 1555 kg[8] |
Asafstand | 2700 mm[8] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mazda Tribute Mazda CX-7 |
Variante | Ford EcoSport |
Ontwikkeling
wysigMazda MINAGI (マツダ 勢(MINAGI)) konsepmotor is die eerste Mazdavoertuig met Mazda se nuwe 'KODO – Soul of Motion'-ontwerptaal en SKYACTIV-tegnologie.
Die voertuig is by die 2011-Geneefse motorskou onthul.[14][15][16]
Die ontwerp is gebaseer op die Mazda MINAGI. Die Mazda CX-5 vervang beide die Mazda Tribute en die Mazda CX-7.[17]
Die Japannese model is onthul by die 2011 Tokio-motorskou,[18][19] en 'n verpersoonlikte variant in rooi buitekleur met allooiwiele geverf in mat-swart en effens laer ryhoogte is later by die 2012 Tokio Motor Salon vrygestel.[20][21] Produksiemodelle verkoop sedert 2012, met 'n keuse van SKYACTIV-D 2.2 of SKYACTIV-G 2.0 enjins en SKYACTIV-DRIVE 6-gang outomatiese ratkas.[8]
Met sy bekendstelling in 2012 het dit die Motor van die Jaar Japan-toekenning verower.
Produksieweergawe
wysigDie CX-5 is beskikbaar met beide voor- en alwieldryf, met krag vanuit 'n 2.0 liter petrol viersilinderenjin (PE-VPS) wat 121 kW (162 bhp) en 210 N·m lewer teen 'n geskatte 10 L/100 km.
Dit sal ook beskikbaar wees met 'n 2.2 liter tweestadium turbo-aangejaagde diesel (SH-VPTS) wat óf 110 kW (147 bhp) en 380 N·m, óf 129 kW (173 bhp) en 420 N·m lewer, met die uitlaat van 'n geskatte 119 en 139 g/km onderskeidelik. Die EPA-gegradeerde die CX-5 se verbruik is die beste in sy klas, gemiddeld 26mpg stad en 35mpg snelweg, wat Mazda reken is die beste verbruik vir enige nie-hibriede SUV.[22] Brandstofverbruik vir die intreevlak-dieselenjin met voorwielaandrywing is 4,5 L/100 km; (52 mpg).[23][24]
Japannese produksie van Mazda CX-5 met SKYACTIV-D 2.2 dieselenjin het by die Ujina-aanleg naby Mazda se hoofkwartier in Hiroshima begin.[25]
In 2012 is daar beplan om die Mazda CX-5 produksie by die Ujina-aanleg te verhoog tot 240,000 eenhede per jaar deur die uitbreiding van produksie by Ujina-aanleg No. 2 bykomend tot aanleg No. 1.[26]
Bemarking
wysigIn die Japanse plaaslike mark het die CX-5 maandelikse verkope van 8 keer hoër as wat voorspel is, behaal sedert Februarie 2012, met die "skoon diesel"-model wat vir 'n aandeel van 73% verantwoordelik was.[27]
Die Mazda CX-5 is die wenner van die Japan Motor van die Jaar-Toekenning 2012–2013.[28]
Opknapping
wysigDie opgesmukte model Mazda CX-5 is onthul by die 2014 Los Angeles Motorskou as 'n 2016 model.[29] Noemenswaardige veranderinge sluit in opgradering in buitestilering, vermidering van padgeraas, 'n verbeterde info-vermaakstelsel en 'n sport-modus vir die 6-gang outomatiese ratkas. Die tegnologiepakket kry ook LED-hoofligte, LED-misligte en kombinasie LED-agterligte. Die beskikbare enjinopsies bly dieselfde.
Verwysings
wysig- ↑ "Mazda CX-5 Production Line 2011". Mazda Group Video (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2017. Besoek op 29 Februarie 2012.
- ↑ "Mazda Group – Production Sites in Japan". mazda.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2013. Besoek op 29 Februarie 2012.
- ↑ "2013 Mazda CX-5: production with SKYACTIV diesel engine begins". auto123.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 27 Januarie 2012.
- ↑ "Yahoo". Yahoo.[dooie skakel]
- ↑ "Mazda Joined Ranks of Cars Assembled in Russia" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2017.
- ↑ "Both Mazda CX-5 and CX-7 Will Be Built in China".
- ↑ http://www.carbodydesign.com/media/2012/02/Mazda-CX-5-Design-Sketch-02.jpg
- ↑ 8,0 8,1 8,2 "Mazda to Launch All-New Mazda CX-5 Crossover SUV". mazda.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2015. Besoek op 29 Februarie 2012.
- ↑ "CX-5" (in Engels). MAZDA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 6 November 2011.
- ↑ MAZDA: Mazda Design, 2011
- ↑ Paris Preview: Mazda debuts new Kodo design language with Shinari Concept, 2010
- ↑ Vijayenthiran, Viknesh (15 Desember 2011). "Mazda CX-5 Platform To Spawn Next-Gen Mazda6 And Mazda3". MotorAuthority (in Engels). High Gear Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 13 Januarie 2014.
- ↑ "Skyactiv Technology". MAZDA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2014. Besoek op 5 September 2011.
- ↑ Jeremy Korzeniewski (1 Maart 2011). "Geneva 2011: Handsome Mazda Minagi Concept previews production crossover". Autoblog (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2020.
- ↑ "【MAZDA】ニュース". mazda.co.jp (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2013.
- ↑ "MAZDA:Mazda MINAGI Concept to Showcase Mazda's All-new SKYACTIV Technologies and KODO Design at the Geneva Motor Show – News Releases". mazda.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2014. Besoek op 27 September 2016.
- ↑ "Road test: 2014 Mazda CX-5 GT by Nick Tragianis" (in Engels). Postmedia News. 20 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Mei 2013.
- ↑ "MAZDA:Mazda TAKERI to Bow at 2011 Tokyo Motor Show – News Releases". mazda.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2014.
- ↑ "【MAZDA】ニュース". mazda.co.jp (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2014.
- ↑ "MAZDA:Mazda to Display Mazda CX-5 at Tokyo Auto Salon 2012 – News Releases". mazda.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2014.
- ↑ "【MAZDA】ニュース". mazda.co.jp (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2013.
- ↑ "EPA rates 2013 Mazda CX-5 fuel economy top in class" (in Engels). News.consumerreports.org. 11 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2013. Besoek op 29 Mei 2012.
- ↑ Mazda CX-5 2.2d 4WD Auto review, September 2011
- ↑ 2012 Mazda CX-5 fuel economy revealed at Frankfurt Motor Show, 14 September 2011
- ↑ "MAZDA:Mazda Commences Production of Mazda CX-5 with New-Generation Super Clean SKYACTIV-D Diesel Engine – News Releases". mazda.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2014. Besoek op 27 September 2016.
- ↑ "MAZDA:Mazda to Increase Mazda CX-5 Production Capacity – News Releases". mazda.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2015. Besoek op 27 September 2016.
- ↑ Integrity Exports (11 April 2012). "Mazda CX-5 "Clean Diesel" Reverses Diesel's Decline in Japan By Stephen Munday". IntegrityExports.com.
- ↑ "Mazda Press Release: CX-5 Wins Car of the Year Japan".
- ↑ "2016 Mazda CX-5 Photos and Info – News – Car and Driver". caranddriver.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2018.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |