Mediaan
In statistiek en waarskynlikheidsteorie, is die mediaan die numeriese waarde wat skeiding maak tussen die hoër helfte van 'n stel data en die onderste helfte. Die mediaan van 'n beperkte lys van getalle kan gevind word deur die getalle van die laagste waarde tot die hoogste waarde te sorteer en die middelste een te kies (bv., die mediaan van {3, 5, 9} is 5)
Bepaling van Mediaan
wysigVoorbeeld 1
wysigBv. {3, 5, 9}
Die mediaan = 5
Voorbeeld 2
wysigBv. {3, 5, 9, 11, 14, 30}
Hier is die aantal getalle in die data stel 'n gelyke getal wat beteken dat daar nie 'n middelste getal is nie. In die geval word die twee getalle naaste aan die mediaan (9 en 11) se gemiddeld bepaal: (9+11)/2 = 10 Die mediaan is dus = 10