Meer van die Ozarks
Die Meer van die Ozarks is 'n reservoir wat geskep is deur die opdamming van die Osagerivier in die noordelike deel van die Ozarks in Sentraal-Missouri, VSA. Dele van drie kleiner sytakke van die Osage is in die opdamming ingesluit.
Die meer het 'n oppervlakgrootte van 220 km2 en 'n kuslyn van 1 850 km. Die hoofkanaal van die Osage-arm strek 148 km ver van die een punt na die ander. Vanweë die meer se slangagtige voorkoms word dit dikwels die Missouridraak genoem. Dit was die inspirasie vir name van plaaslike instellings soos die Magic Dragon Street Meet.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Magic Dragon Street Meet Lake of the Ozarks : Car Show Lake of the Ozarks MO". Lake Area Chamber of Commerce. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2011. Besoek op 24 Julie 2011.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meer van die Ozarks.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.