Mere van Asië
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Lys van mere.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Asië is die vasteland van uiterstes. Geen ander vasteland het sulke hoë berge, so 'n groot bevolking, sulke diep seë, uitgestrekte vlaktes of groot skiereilande nie. Die vasteland het ook die grootste en diepste mere ter wêreld.
Baie van die Asiatiese mere het geen uitloop nie. Hoewel talle riviere in die mere vloei, vloei net 'n paar of geen riviere weer uit nie. Die mere lê in natuurlike komme of bekkens, maar aangesien die verdamping in die warm seisoen so hoog is, loop hierdie komme nooit oor nie. Die grootte van die mere wissel ook baie van seisoen tot seisoen.
Die oorgrote meerderheid van die Asiatiese mere is sout. Die riviere wat in die mere uitmond, bring groot hoeveelhede sout saam en hierdie sout raak al hoe meer gekonsentreer soos die water uit die mere verdamp. Baie van die mere is vandag ook baie kleiner as wat hulle vroeër was, met die gevolg dat die riviere nou oor die ou bodem, wat baie sout bevat, na die meer vloei. Teen die tyd dat die water die meer bereik, bevat dit dus 'n sterk soutoplossing.
Die grootste mere
wysigKaspiese See
wysigHierdie meer, met 'n oppervlakte van 393 000 km2 (wat egter soms tot meer as 420 000 km2 kan styg a.g.v. seisoenwisselinge), is die grootste binnelandse soutmeer ter wêreld. Die meer is sowat 1,300 km lank en wissel in breedte tussen 160 en 430 km.
Die diepte van die Kaspiese See verskil baie van plek tot plek. Dit is die diepste in die sui de (tot 960 m), terwyl dit in die noorde maar net 10 m diep is. Die oppervlak van die meer lê sowat 27 m onder seevlak. Die meer verloor meer water deur verdamping as wat sy takriviere aanbring, en is dus besig om al hoe kleiner te word. Daar word by bereken dat die vlak van die water in die meer sedert 1929 met meer as 2 m gedaal het.
Die Wolga-en die Oeralrivier, wat aan die noordekant van die meer uitmond, bring elke jaar tonne slik en stort dit in die meer sodra die snelheid van die water afneem. Dit is hierdie slik wat veroorsaak dat die meer in die noorde baie vlak is. Die groot aantal sandbanke en klein eilandjies maak skeepsverkeer uiters moeilik. Die Kaspiese See is ryk aan vis, veral steurvis (hierdie visse se eiers is swart kaviaar), salm, haring en karpers.
Die vernaamste hawens is Bakoe, Astrakan (aan die delta van die Wolga), Krasnowodsk, Machatsjkala en Bandare-Palawi.
Aralmeer
wysigDie Aralmeer lê oos van die Kaspiese See in die steppe van Turkestan en beslaan sowat 63 800 km2. Geleerdes meen dat die Kaspiese See en die Aralmeer dalk baie jare gelede een meer was, aangesien dieselfde vissoorte in albei aangetref word. Die Aralmeer is taamlik vlak. Die diepste plek is 68 m, maar vir die grootste deel is dit me dieper as tussen 10 en 20 m me. Die kuste is oor die algemeen moerasagtig. Twee riviere vloei in hierdie meer, naamlik die Amoe Datja en die Sir Datja. Albei riviere stort jaarliks miljoene ton slik in die meer. Die Aralmeer het talle eilandjies en skiereilande. In die winter is die noordoostelike deel van die meer kliphard gevries. Steurvis en karpers word gevang en in die omgewing van die meer word natriumsulfaat gedelf. Die grootste kusdorp is Aralsk.
Balkasjmeer
wysigDie meer lê in die afgelee steppe van Kirgisië en beslaan 'n oppervlakte wat wissel tussen 17 500 en 22 000 km2. Dit is baie vlak die gemiddelde diepte is maar 6 m, hoewel dit op een plek sowat 27 m diep is. Die watervlak wissel baie van seisoen tot seisoen. Die meer moes die een of ander tyd baie dieper gewees het as vandag, want daar is hoogwatermerke wat tot 120 m hoër is as die huidige watervlak. Die Illi-rivier is die belangrikste rivier wat in hierdie meer uitmond. Die ander riviere is die Karatal, Aksoe, Lepsa en die Ajagoes. Die water in die westelike helfte van die meer is vars, terwyl die in die oostelike helfte effens sout is.
Baikalmeer
wysigBy Koenradski, aan die noordelike oewer, word koper gedelf. Ander belangrike bedrywe is visvangs en die ontginning van sout. Dit is die diepste meer ter wêreld. Die bodem is sowat 1 260 m benede seevlak en sy gemiddelde diepte is sowat 600 m, maar in die middel is dit tot 1 740 m diep. Die meer beslaan 31 500 km2 en is sowat 640 km lank. Meer as 300 riviere mond in die Baikalmeer uit, terwyl slegs een rivier, die Angara, daaruit vloei. Die hele Baikalmeer is van die begin van Januarie tot middel Mei toegeys. Dit is 'n varswatermeer met talle soorte vis.
(Die boonste syfers is benaderd.)
Die klein mere
wysigDie Dooie See lê in die Midde-Ooste. Die westelike oewer van die meer is Israeliese gebied, terwyl die oostelike oewer Jordaniese gebied is. Die meer is so sout dat geen vis daarin kan leef nie - daarom word dit die Dooie See genoem. Sy oppervlak lê 387 m benede seevlak. In die noordooste is dit 394 m diep, maar in die suide is dit baie vlak. Dit beslaan 884 km2.
Die mense van die ou tyd het dit ook die Asfaltmeer genoem omdat stukkies bitumen of aardpik na die oppervlak gekom het, veral na aardbewings. Die sout van die Dooie See word ekonomies ontgin.
Die Urmlameer in Noord-Persië is ook so sout dat geen vis daarin kan leef nie. Die gemiddelde diepte is maar sowat 4,5 m. Die grootte van die meer wissel baie -na die winterreëns is dit bv. groter as in die herfs -maar die gemiddelde grootte is sowat 6 000 km2.
Die Koko Nor-meer (Tsing Hai-meer) in China beslaan sowat 6 000 km2 en lê meer as 3 000 m bo seevlak. Die meer lê in die middel van 'n moerasagtige bekken en die watervlak wissel baie van seisoen tot seisoen. Die water is sout.
Die lssik-Koel’-meer lê in Turkestan in Rusland. Die water is effens sout en wemel van die vis. Die meer vries nie toe in die winter nie. Dit is 6 200 km2 groot en lê 1 560 m bo seevlak.
Die Kankameer is 4 400 km2 groot en lê op die grens tussen Oos-Siberië en Mantsjoerye, net sowat 160 km van die Stille Oseaan. Die meer is vlak (maksimum-diepte 10 m) en visryk.
Die Toeaj Galoe-meer in Sentraal-Turkye is baie sout. Die verdamping is baie hoog. In die somer is die meer byna droog, terwyl dit in die winter 'n oppervlakte van tot 1 600 km2 kan hê. Sout word ontgin.
Bronnelys
wysig- Kennis, Volume 1, 1980, bl.96-97, ISBN 0-7981-0823-1