Michael D. Higgins
Michael Daniel Higgins (Iers: Mícheál D. Ó hUiginn; * 18 April 1941) is die negende en huidige president van Ierland, 'n amp wat hy sedert 11 November 2011 beklee.
Michael D. Higgins | |
9de President van Ierland
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 November 2011 | |
Voorafgegaan deur | Mary McAleese |
---|---|
Minister van kuns, kultuur en Gaeltachtaí
| |
Ampstermyn 15 Desember 1994 – 26 Junie 1997 | |
Voorafgegaan deur | Bertie Ahern |
Opgevolg deur | Síle de Valera |
Ampstermyn 12 Januarie 1993 – 17 November 1994 | |
Voorafgegaan deur | John Wilson |
Opgevolg deur | Bertie Ahern |
Teachta Dála
| |
Ampstermyn 17 Februarie 1987 – 25 Februarie 2011 | |
Voorafgegaan deur | Fintan Coogan |
Opgevolg deur | Derek Nolan |
Ampstermyn 11 Junie 1981 – 24 November 1982 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Fintan Coogan |
Senator
| |
Ampstermyn 23 Februarie 1983 – 3 April 1987 | |
Ampstermyn 1 Junie 1973 – 26 Mei 1977 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 18 April 1941 Limerick, Ierland |
Politieke party | Onafhanklik Fianna Fáil (1968) Arbeidersparty (1968–2011) |
Eggenoot/-note | Sabina Coyne[1] |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | University College, Galway Indiana-Universiteit, Bloomington Universiteit van Manchester |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Voor sy verkiesing as Ierse staatshoof het hy as voorsitter van die Ierse Arbeidersparty (Labour Party) gedien. As afgevaardigde in die Ierse parlement (Teachta Dála) het hy die kiesafdeling Galway West verteenwoordig en tussen 1993 en 1997 as Ierse minister van kuns, kultuur en Gaeltachtaí (Ierssprekende gebiede) gedien.
Naas sy politieke loopbaan het Higgins hom ook as digter, sosioloog, skrywer en televisie-aanbieder bekwaam.[2]
Michael D. Higgins het in April 2014 'n staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk gebring – die eerste ooit van 'n Ierse staatshoof.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Michael D. Higgins elected President of Ireland". RTÉ News (in Engels). 29 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 13 Junie 2016.
- ↑ O'Leary, Jennifer (28 Oktober 2011). "Who is Michael D Higgins?". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 13 Junie 2016.
- ↑ Department of Foreign Affairs and Trade, Maart 2014: President Higgins' historic State Visit to the UK. Besoek op 14 September 2020
Eksterne skakels
wysig- Wiki-webtuistes
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Michael D. Higgins.
- Amptelike webtuiste