Mickey Muis
Mickey Muis is een van die oudste figuurtjies uit die strokiesprente van Walt Disney. Mickey is 'n vermenslikte muis wat gewoonlik 'n rooi kortbroek, groot geel skoene en wit handskoene dra. Hy is een van die herkenbaarste fiktiewe karakters ter wêreld.
Mickey Muis | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | Plane Crazy 18 Nov (1928)[1] |
Geskep deur | Walt Disney |
Inligting | |
Spesie | Muis |
Geslag | Manlik |
Nasionaliteit | Amerika |
Mickey verskyn gewoonlik saam met onder andere sy meisie, Minnie Muis, sy hond, Pluto, sy vriende Donald Duck en Goofy, en sy nemesis, Pete.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Orlando Sentinel". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2018. Besoek op 8 Augustus 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mickey Muis.