Mitsubishi F-2
Die Mitsubishi F-2 is 'n Japannese vegvliegtuig wat ontwikkel is uit die General Dynamics F-16 Fighting Falcon. Die prototipe het sy nooiensvlug op 7 Oktober 1995 onderneem. Daarna is die produksie-eenhede sedert 2000 aan die Japan Air Self-Defence Force verskaf. Hulle het 130 vliegtuie bestel om die JASDF se Mitsubishi F-1 te vervang. Die program het egter tegniese probleme ondervind en elke vliegtuig het vier keer soveel as 'n F-16 gekos.
Mitsubishi F-2 | |
---|---|
Tipe | Multirol vegvliegtuig |
Vervaardiger | Mitsubishi Heavy Industries / Lockheed Martin |
Nooiensvlug | 7 Oktober 1995 |
Bekendstelling | 2000 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruiker | Japanese Lugmag |
Vervaardig | 1995–2011 |
Aantal gebou | 94+4 prototipes |
Ontwikkel van | F-16 Fighting Falcon |
Die Japannese FS-X projek se oorspronklike doelwit was om 'n suiwer Japannese produk te ontwikkel maar in 1987, as gevolg van politieke druk deur die Verenigde State, is die F-16 gekies as die basis van die nuwe vliegtuig. Die F-2 is 25 persent groter as die F-16 en toegerus met 'n Japanneesvervaardigde radar in die neus. Die romp is ook langer as die F-16 s'n terwyl dit ook Japannese elektroniesepuls-beheertegnologie gebruik, die VSA wou nie hulle s'n vryelik beskikbaar stel nie.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | General Electric F110-GE-129 turbowaaier met nabrander |
Kraglewering per motor | 13 444 kg stukrag |
Vlerkspan | 11,13 m |
Lengte | 15,52 m |
Hoogte | 4,96 m |
Vlerkoppervlakte | 34,8 m2 |
Maks. opstygmassa | 22 100 kg |
Maks. snelheid | Mach 2 |
Operasionele hoogte | 15 250 m |
Togafstand | 830 km |
Klimvermoë | Onbekend |
Bewapening | Een 20 mm kanon Sidewinder/Mitsubishi lug-tot-lug missiele op vlerkpunte asook punte vir ander missiele |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9