Mitsubishi Lancer
Die Mitsubishi Lancer is 'n kompakte motor wat sedert 1973 deur die Japannese vervaardiger Mitsubishi Motors vervaardig word. Dit staan ook bekend as die Colt Lancer, Dodge/Plymouth Colt, Chrysler Valiant Lancer, Chrysler Lancer, Eagle Summit, Hindustan Lancer, Soueast Lioncel en Mitsubishi Mirage in verskeie lande op verskillende tye, en word as die Mitsubishi Galant Fortis bemark in Japan sedert 2007. Dit is ook in Taiwan beskikbaar as die Mitsubishi Lancer Fortis, met 'n verskillende opkikkering as die Galant Fortis. In Japan word dit deur 'n spesifieke kleinhandelketting, genaamd Car Plaza, bemark.
2017 Mitsubishi Lancer | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mitsubishi Motors |
Produksie | 1973–2017 (wêreldwyd)[1] 1991–tans (Taiwan en China) |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte motor |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing (1973–1987) Voorenjin, voorwielaandrywing (1982–tans) Voorenjin, vierwielaandrywing (2007–2017) |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mitsubishi Colt 1200/1500 |
Meer as ses miljoen eenhede is sedert sy bekendstelling in 1973 en tot 2008 verkoop. Volgens Mitsubishi is daar reeds nege geslagte ontwikkel.
Verwysings
wysig- ↑ Ewing, Stephen. "Mitsubishi will end Lancer production in August". motor1.com. Motorsport Network. Besoek op 7 Januarie 2017.