Die More was die Moslem-inwoners wat in die Middeleeue op die Iberiese Skiereiland (Spanje en Portugal), Sisilië, dele van Suid-Frankryk en Noord-Afrika gewoon het. In Europa word die woord dikwels gebruik om na mense wie se voorvaders van Noord-Afrika was te verwys.

Moorse argitektuur in Córdoba (Spanje), oorspronklik 'n moskee.
Voorstelling van More in 'n optog in Altea (Spanje).

Die More kom oorspronklik van Noord-Afrika en was aanvanklik hoofsaaklik van Berberse afkoms. Hulle het oor die jare na die gebiede wat vandag as Spanje en Portugal bekend is gestroom en 'n groot invloed op die lande se kultuur gehad.

In die jaar 711 het die More Spanje onder leiding van Tariq ibn Zijad binnegeval. In die dekades daarna het hulle die hele Spanje en die suidelike dele van Portugal verower. Die More het die gebied Al-Andalus (ook bekend as Moslem-Spanje of Islamitiese Iberië) genoem. Dit beteken land van die Vandale. Vanaf ongeveer 800 het die Reconquista begin, waartydens die More teruggedruk is. Die gebeure word jaarlikse in Spanje herdenk. Optogte word gehou om die Christene se oorwinning oor die More te vier.

Eksterne skakels

wysig