Muckleneuk-moorde
vyf moorde wat in 2019 binne 'n paar weke van mekaar in Muckleneuk in Pretoria, Gauteng plaasgevind het
Die Muckleneuk-moorde was vyf moorde wat in 2019 binne 'n paar weke van mekaar in Muckleneuk in Pretoria, Gauteng plaasgevind het. Al die slagoffers was middeljarige, hawelose mans en is gedurende die nag vermoor.
Slagoffer | Datum van moord | Plek van moord |
---|---|---|
Anonieme, middeljarige, hawelose man | Omgewing van Mearspark-treinstasie | |
Anonieme, middeljarige, hawelose man | 8 Junie 2019[1] | Magnoliadal-park |
Anonieme, middeljarige, hawelose man | 9 Junie 2019[1] | Magnoliadal-park |
Anonieme, middeljarige, hawelose man | 18 Junie 2019[2] | Hoek van Justice Mahomed- en Troyestraat |
Anonieme, middeljarige, hawelose man | 19 Junie 2019[2] | Onbekende bushalte in Muckleneuk |
Reaksies
wysig- Elias Mawela, Gautengse polisiehoof: "Sonder om paniek onder gemeenskappe in veral die Muckleneuk-omgewing te saai, wil die polisie die publiek maan om waaksaam te wees teen hierdie nagtelike bekruiper wat op weerloses teer. Ons, as die polisie, moet dadelik werk hiervan maak en verseker dat dié waansin beëindig word."[2]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Meyer Jansen, Esté (12 Junie 2019). "Polisie krap kop oor moord op haweloses". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019. Besoek op 19 Junie 2019.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "Vyfde hawelose man in Pta vermoor". Maroela Media. 19 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2019. Besoek op 19 Junie 2019.