Musiekinstrument

toestel geskep of aangepas om musikale klanke te maak

'n Musiekinstrument is 'n toestel bedoel om musiek mee te maak. Musiekinstrumente kan uit verskillende materiale soos hout, koper, glas ens. bestaan. Musiekinstrumente is 'n baie goeie manier om jou selfbeeld en gehue te versterk.

'n Skildery met musiekinstrumente.

Musikologies kan musiekinstrumente ingedeel word met behulp van hoe die klank voortgebring word:

  • Aërofone is instrumente wat vir die klankvoortbrenging 'n lugstroom nodig het.
  • Chordofone (snaarinstrumente) is instrumente waarby iemand die snare van 'n snaarinstrument laat tril. Gewoonlik word die klank van die trillende snaar deur 'n klankkas ondersteun.
  • Idiofone (slaginstrumente) is instrumente wat van materiale vervaardig word wat van nature klankryk is.
  • Membranofone (slaginstrumente) is instrumente waar iemand die vel/membraan laat tril.
  • Elektrofone is instrumente waarby die klank elektries/outomaties voortgebring word.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig
  • Cornelius, Andries: Die musiekversameling van Hans Adler. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 3, Maart 1966
  • Cornelius, Andries: Van speeldoos tot pierement. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 2, Desember 1965
  • Wikipedia Duits de:Musikinstrument