NG gemeente Herman Steyn
Die NG gemeente Herman Steyn is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is in 1947 van die NG gemeente Vereeniging afgestig en was een van die 11 nuwe gemeentes wat in daardie jaar in die Transvaalse Kerk tot stand gekom het. Die kerkgebou is geleë by Senator Roodtweg 40, Duncanville, Vereeniging. In 2013 was die leraar ds. J.J. Redelinghuys. Daar was in daardie jaar 74 doop- en 484 belydende lidmate, vergeleke met 680 belydende lidmate en 1 140 siele 'n jaar ná afstigting.
Enkele leraars
wysig- Lodewyk Petrus Spies, 1948 - 1958 (eerste leraar)
- Christoffel Johannes Botha, 1960 – 1963
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- (en) Die kerkgebou soos te sien op Google Maps. URL besoek op 27 November 2014.