NG gemeente Kliprivier

Die NG gemeente Kliprivier is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1984. Die kerkgebou is geleë op Hoewe 9, Croftweg, Garthdale. Dr. C.T. Kleynhans is op 1 Oktober 2014 in die gemeente bevestig.[1] Daar was in daardie jaar 42 doop- en 195 belydende lidmate.

BronneWysig

  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC – 'n divisie van Bybel-Media.

VerwysingsWysig