NG gemeente Klipvallei
Die NG gemeente Klipvallei is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1955. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Kroonarend- en Kareeweg, Randvaal. In 2013 was die leraar ds. C. Ehlert. Daar was in daardie jaar 106 doop- en 363 belydende lidmate.
Enkele leraars
wysig- Andries Gustav de Witt, 1965 - 1971
- Jan Christoffel Combrinck, 1971 - 15 Augustus 1978 (aanvaar sy emeritaat)
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.