NG gemeente Lig en Lewe Lichtenburg
Die NG gemeente Lig en Lewe Lichtenburg is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 2011 uit die samesmelting tussen Lichtenburg-Noord (1963) en Lichtenburg-Wes (1950). Die kerkgebou is geleë by Carolstraat 5, Lichtenburg. In 2013 was die leraar ds. Ben Botha. Daar was in daardie jaar 90 doop- en 324 belydende lidmate.
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.