NG gemeente Meyertonpark

Die NG gemeente Meyertonpark is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die NG kerk Meyertonpark.
Vooraansig van die kerkgebou.

Die gemeente is gestig in 1977. Die kerkgebou is geleë in Genl. Prinsloostraat, Meyerton. In 2013 was die leraar ds. J.C.K. du Plooy. Daar was in daardie jaar 135 doop- en 689 belydende lidmate.

Bronne

wysig
  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.