NG gemeente Noordvaal
Die NG gemeente Noordvaal was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1962. Die kerkgebou is geleë by Byronlaan 94, Orkney. In 2013 was die leraar ds. P.H. van Daalen. Daar was in daardie jaar 86 doop- en 260 belydende lidmate. Omstreeks 2021 is besluit om die kerkgebou te verkoop en een te word met die moedergemeente, Orkney.
Enkele leraars
wysig- Jurie Hendrik Wessels, 1971 - 1975
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.