NG gemeente Sederpark
Die NG gemeente Sederpark is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1974. Die kerkgebou is geleë by Veertiendelaan 36, Lichtenburg. In 2013 was die leraar dr. Grant du Plessis. Daar was in daardie jaar 230 doop- en 651 belydende lidmate.
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.