NTFS-3G
NTFS-3G is 'n oopbron, vrylik beskikbare aandrywer vir die NTFS-lêerstelsel vir Linux, Mac OS X, FreeBSD, NetBSD, Solaris, BeOS en Haiku. Dit word onder die voorwaardes van die GNU General Public License versprei. Dit is 'n stabiele program wat aktief ontwikkel word en is uit ntfsmount afgelei.
NTFS-3G | |
Ontwikkelaar | Szabolcs Szakacsits |
---|---|
Bedryfstelsel | Linux, Mac OS X, FreeBSD, NetBSD, Solaris, BeOS en Haiku |
Lisensie | GPL |
Webblad | http://www.ntfs-3g.org |
NTFS-3G is in Julie 2006 deur Szabolcs Szakacsits bekendgestel. Die eerste stabiele weergawe (1.0) is op 21 Februarie 2007 vrygestel.