Nag van vrees

(Aangestuur vanaf Nag van Vrees)

Nag Van Vrees is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1985 uitgereik is. Die vervaardiger was Flip Bezuidenhout, terwyl Stanley Roup die regie behartig het.[1]

Nag Van Vrees
Regisseur Stanley Roup
Produksieleier Flip Bezuidenhout
Met Ian Roberts
Brümilda van Rensburg
Peter Sepuma
Uitgereik 1985
Speeltyd 94 minute
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Genre

wysig

Die rolprent is ’n riller. As gevolg van sekere spannigstonele, asook 'n omstrede naaktoneel het die rolprent 'n 2-18 ouderdomsperk.

Hoofrolspelers

wysig

Storielyn

wysig

Steve doen navorsing op sy plaas oor giftige slangoorte met die hulp van sy jarelange assistent en vriend, Thabo. Hy en sy vrou, Katrien is pasgetroud en dolverlief, maar vrees vir sy gevaarlike werk gooi 'n skadu oor Katrien se geluk en veroorsaak spanning tussen hulle.

Katrien se vriendin Sonja kuier by hulle en as kunstenares put sy inspirasie uit die lieflike omgewing, maar raak ook bewus van onderstrominge wat haar vreesbevange stem. Vreemde moorde in hul omgewing verdiep haar onrus, en 'n onverwagte ontdekking bepaal haar noodlot.

Katrien verdwyn en vrees vir haar welsyn dryf Steve tot die uiterste.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig