Nagledam
Die William Nagle-dam in die Umgenirivier verskaf water aan Durban.
Nagledam | |
---|---|
Die Nagledamwal
| |
Amptelike naam | Nagledam |
Ligging | naby Durban |
Provinsie/Land | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Koördinate | 29°35′40″S 30°38′30″O / 29.59444°S 30.64167°O |
Dam in | Umgenirivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Eienaar | Departement van Waterwese en Bosbou |
Soort dam | Keerwal |
Hoogte van wal | 44,3 m |
Lengte van wal | 393 m |
Reservoir | Nagledam |
Kapasiteit | 39 300 000 m³ |
Opvanggebied | 2 545 km² |
Damoppervlak | 156,13 ha |
Ligging
wysigDie dam lê by die Tafelberg in die Vallei van 'n Duisend Heuwels en op die kruispunt van die lyne 29° 36' suid en 30° 38' oos. Dit is ‘n paar kilometer bo die invloei van die Musunduzirivier, noord van Cato Ridge en 50 km noordwes van Durban.
Dam
wysigDie dam is in 1950 gebou deur die munisipaliteit van Durban. Die lengte van die wal is 390 m en dit staan 45 m hoog bo die rivierbedding. As die dam vol is, is die hoefystermeer wat gevorm word 162 ha groot en dit bevat dan ‘n 25 miljoen m³ water. ‘n Geskatte 470 miljoen m³ loop van die opvanggebied van 2 530 km² na die rivier af. Dus is die kapasiteit van die dam besonder laag vergeleke met die hoeveelheid afloopwater. ‘n Pypleiding van 39 km bring die water met tonnels en akwadukte deur die Vallei van die Duisend Heuwels na die watersuiweringswerke. Ongeveer ‘n 230 miljoen liter water word daagliks aan Durban gelewer.
Slik
wysigWeens die besondere ligging van die dam in ‘n draai in die rivier sowel as die unieke ontwerp van die damwal word verhoed dat vloedwater met te veel slik die dam bereik. Dus is die water redelik helder en word verwag dat die dam lank gebruik kan word. Ook die goeie plantegroeibedekking van die opvanggebied dra hiertoe by.
Ontspanning
wysigDie dam en die terrein daaromheen is ‘n natuurreservaat. Watersport, roei, visvang en kampeer word toegelaat.
Verstedeliking
wysigSedert die Tweede Wêreldoorlog het Durban baie ontwikkel en veral die fabrieke benodig baie water. Hierdie nywerheidsontwikkeling en die gepaardgaande bevolkingsgroei het voortgesit. Daar was nog meer water nodig as wat die Nagledam kon lewer. Daarom is die Midmardam gebou.
Bibliografie
wysig- du Plessis, Andries: Die Bewaring van ons Erfenis. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974.
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 8. Kaapstad: Nasou, 1973. ISBN 0-625-00324-1