Die Namejs-ring (Lets: Nameja gredzens) is 'n tradisionele Letlandse ring wat as simbool van onafhanklikheid, vriendskap en vertroue beskou word en die eenheid van die drie historiese streke van Letland - Kurzeme (Koerland), Latgale (Letgallen) en Vidzeme versinnebeeld. Die ring word wêreldwyd deur mense gedra wat uit Letland afkomstig is of aan die land verbonde voel.[2]

'n Namejs-ring wat van silwer gemaak is
Die Namejs-ring op die agterkant van die 1 Lats-muntstuk, geslaan in 2009 deur die Staatliche Münze Berlin in Duitsland, wat tot Letland se toetrede tot die Eurosone op 1 Januarie 2014 in omloop was[1]

Die Namejs-ring in literatuur en filmkuns

wysig

In 1931 het die Letlandse skrywer, vertaler en offisier Aleksandrs Grīns (1895–1941) sy roman Nameja gredzens gepubliseer wat bygedra het tot nuwe belangstelling in die ring en sy simbolisme. Nameja gredzens is ook die naam van 'n historiese rolprent van die Letlandse regisseur Aigars Grauba wat in 13de eeuse Semgallen afspeel (alhoewel die handeling nie op die roman baseer nie). Die hoofrol in die rolprent, wat as Brits-Letlandse koproduksie ontstaan en ter geleentheid van Letland se Eeufees in 2018 vrygestel is (internasionaal onder die Engelse titel The Pagan King), is deur die jong Sweedse akteur Edvin Endre (Letse spelwyse: Edvīns Endre) vertolk.[3]

Verwysings

wysig