Nasionale Biblioteek van Australië
Die Nasionale Biblioteek van Australië (Engels: National Library of Australia; NLA) voorheen die Nasionale Statebondsbiblioteek,[1] is die grootste naslaanbiblioteek in Australië en is verantwoordelik vir "die handhawing en ontwikkeling van ’n nasionale versameling biblioteekmateriaal, insluitende ’n uitgebreide versameling materiaal oor Australië en die Australiese volk". Dit is in Parkes, Canberra, geleë.
Die biblioteek is in 1960 gestig [2] en teen einde Junie 2019 het dit 7 717 579 artikels bevat. Die NLA bestuur ook die Trove-diens vir die ontdekking van kultuurerfenis, wat toegang insluit tot die Australiese Webargief en nasionale e-versameling van gedigitaliseerde koerante, amptelike dokumente, manuskripte en foto's, sowel as nuwe digitale inhoud.
Verwysings
wysig- ↑ "Commonwealth National Library (Australia) – Full record view". Libraries Australia Search. Besoek op 2 Mei 2020.
- ↑ "NATIONAL LIBRARY ACT 1960 – NOTES". www.austlii.edu.au. Besoek op 31 Julie 2017.