Natalia da Rocha
Natalia da Rocha is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, jeugaktivis en sakevrou. Sy word onthou as een van net 'n paar bruin kunstenaars wat 'n hoë profiel tydens die apartheidsera gehandhaaf het. In 1981 was sy die eerste bruin persoon wat 'n BDram-graad aan die Universiteit Stellenbosch se Afrikaans-oorheersde dramadepartement ontvang het. Aan die begin van 1987 was sy die eerste bruin vrou wat die hoofrol in 'n Sun City-extravaganza gespeel het saam met Sam Marais en in 1992 het sy die eerste Suid-Afrikaner geword wat in Madagaskar opgetree het.
Natalia da Rocha | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Aktrise, regisseur, sakevrou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Haar produksies sluit in Die slavin en As die wind so waai. Sy tree ook in musiekblyspele soos Ain't Misbehavin, Midnight Blues, Godspell en Vere op. Daarnaas het hy in Danie Odendaal se SAUK-reeks Gallery gespeel. Sy is met die akteur Kurt Egelhof getroud. Hulle het 3 kinders.[1]
Filmografie
wysig- Charlie Jade (TV-reeks), 2005 as Mysha Aswan
- Tarzan: The Epic Adventures (TV-reeks), 1997
- Lipstiek Dipstiek, 1994 as matrone
- Reason to Die, 1990 as Shelley
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysig- CapeWOW (Women Of the World) Fees Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine
- KunsteKaap Hulpbron Sentrum Geargiveer 9 Augustus 2007 op Wayback Machine
- KunsteKaap-teater