Nathuram Godse
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Nathuram Godse (Marathi: नथुराम विनायक गोडसे; 19 Mei 1910 – 15 November 1949) is die man wat Mahatma Gandhi doodgemaak het. Hy het glad nie met Gandhi se Ahimsa (nie-gewelddadige)-metode saamgestem nie. Hy het geglo dat die Indiese volk geweld moet gebruik om onafhanklikheid van Brittanje te verkry. Hy was 'n Hindoe-nasionalis van Poena, Maharashtra wat geglo het dat Gandhi besig was om Indië te "Islamiseer" – terwyl die Indiese Moslems hulle eie land by Pakistan gekry het. Godse was 'n lid van die Rashtriya Swayamsevak Sangh en het in die ideaal van 'n onafhanklike Hindoe-Indiese land geglo. Die Bharatiya Janata Party-regering is nog besig om pogings voort te sit om Godse as 'n nasionale held uit te beeld.
Nathuram Godse नथुराम विनायक गोडसे | |
---|---|
Gebore | Baramati, Pune-distrik, Bombay-presidentskap, Brits-Indië (nou in Maharashtra, Indië) | 19 Mei 1910
Sterf | 15 November 1949 (op 39) |
Nasionaliteit | Indië |
Bekend vir | sluipmoord op die Indiese vryheidsvegter Mahatma Gandhi |