Ndumo-natuurreservaat
Ndumo is 'n natuurreservaat geleë in die verrenoorde van KwaZulu-Natal en is 10 117 hektaar groot. Die Lusutfu (of Usuthu)- en Pongolariviere vloei deur die reservaat. Die reservaat is relatief plat.
Ndumo-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Pongola |
|
|
Koördinate: 26°54′43″S 32°15′48″O / 26.91194°S 32.26333°O | |
Oppervlak | 10 117 ha |
Klimaat
wysigDie reservaat kry somerreën en die gemiddelde reënval is tussen 650 tot 700 mm per jaar. Die gemiddelde temperatuur is 26°C gedurende Februarie en kan styg tot 39 °C. Gedurende Julie (in die winter) is die gemiddelde dagtemperatuur 18 °C en kan gedurende die nag daal tot 3 °C.
Lees ook
wysigBron
wysig- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.