Nicéphore Niépce
Nicéphore Niépce (geb. Joseph Niépce; 7 Maart 1765 – 5 Julie 1833)[1] was ’n Franse uitvinder, wat veral bekend is as een van die uitvinders van fotografie.[2] Hy het heliografie uitgevind, ’n tegniek waarmee die wêreld se oudste foto wat behoue gebly het, View from the Window at Le Gras, in 1826 geneem is.[3]
Nicéphore Niépce | |
---|---|
Nicéphore Niépce, omstreeks 1795. | |
Gebore | Joseph Nicéphore Niépce 7 Maart 1765 Chalon-sur-Saône, Saône-et-Loire, Frankryk |
Sterf | 05 Julie 1833 (op 68) Saint-Loup-de-Varennes, Saône-et-Loire |
Nasionaliteit | Frans |
Beroep | Uitvinder |
Bekend vir | Fotografie Binnebrandenjin |
Handtekening | |
Nog een van sy uitvindsels is die binnebrandenjin, wat hy uitgedink, geskep en saam met sy ouer broer, Claude Niépce, ontwikkel het.[4]
Verwysings
wysig- ↑ Robert Leggat (1999). "Niepce, Joseph Nicephore" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2019.
- ↑ Baatz, Willfried (1997). Photography: An Illustrated Historical Overview. New York: Barron’s. p. 16. ISBN 0-7641-0243-5.
- ↑ "World's oldest photo sold to library" (in Engels). BBC News. 21 Maart 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2009. Besoek op 17 November 2011.
- ↑ "Niépce Museum, Other Inventions". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2005. Besoek op 3 Mei 2014.