Nicolas-Claude Fabri de Peiresc
Nicolas-Claude Fabri de Peiresc (1 Desember 1580 – 24 Junie 1637), ook bekend as bloot Peiresc of onder die Latynse vorm van sy naam, Peirescius, was ’n Franse sterrekundige, oudhedekenner en geleerde. Hy het onder meer die verskille in lengtegrade bepaal tussen verskeie plekke in Europa, om die Middellandse See en in Noord-Afrika.
Nicolas-Claude Fabri de Peiresc | |
Gebore | 1 Desember 1580 Belgentier, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 24 Junie 1637 (op 56) Aix-en-Provence, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Sterrekunde, Geskiedenis, Dierkunde |
Alma mater | Universiteit van Montpellier |
Bekend vir | Orion-newel |
As sterrekundige het hy onder meer in 1610 die Orion-newel ontdek.