Nils Holgersson se wonderbaarlike reis
Nils Holgersson se wonderbaarlike reis (Sweeds: Nils Holgerssons underbara resa genom Sverige) is 'n fiksiewerk deur die Sweedse skryfster Selma Lagerlöf, in 'n styl wat vandag bekendstaan as kontemporêre fantasie. Die eerste Sweedse boek het in 1906 die lig gesien.
Nils Holgersson se wonderbaarlike reis
| |
---|---|
Oorspronklike titel | Nils Holgerssons underbara resa genom Sverige |
Skrywer | Selma Lagerlöf |
Land | Swede |
Taal | Sweeds |
Genre | Roman, gelykenis, sosiale kritiek, moraliteitsverhaal |
Uitgewer | |
Uitgegee | |
Medium | Druk |
Die agtergrond vir die werk was 'n kommissie van die Nasionale Onderwysersvereniging in 1902 wat 'n aardrykskundeboek vir die openbare skole wou gehad het. Die Britse vertaler Velma Howard skryf: "Lagerlöf het drie jaar gewy aan die bestudering van die natuur en die lewe van voëls en diere. Sy het ongepubliseerde volksverhale van die verskillende provinsies uitgesoek en het dit op uitstaande wyse by haar storie ingeweef."
Lagerlöf, net soos verskeie ander Sweedse intellektuele van haar leeftyd, was ten gunste van die hervorming van spelling in Swede. Toe die boek in 1906 die lig gesien het, was dit een van die eerste wat die nuwe spelreëls, soos in opdrag van die Sweedse regering, verskyn het.
Anime-reeks
wysigDie boek is in 'n anime-reeks verwerk met die naam Nirusu no Fushigi na Tabi.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "The wonderful Adventures of Nils." Studio Pierrot. Retrieved on February 10, 2009.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nils Holgersson se wonderbaarlike reis.