Nissan Cedric
Die Nissan Cedric is 'n groot motor wat van 1960 tot in 2004 deur Nissan vervaardig is. Dit is ontwikkel om hoëklasvervoer te verskaf, en het meegeding met die Prince Skyline en Gloria, wat later saamgesmelt het in die Nissan-familie. In later jare is die Nissan Skyline geposisioneer as 'n sportsedan/koepee, terwyl die Nissan Gloria omskep is in 'n sportiewe weergawe van die Cedric (met identiese stilering maar met 'n ander sierrooster en voorste & agterligte).
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Produksie | 1960–2004 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Uitvoerende motor |
Bakstyl | 2-deur koepee 4-deur hardekap/sedan/stasiewa |
Plek in geskiedenis | |
Opvolger | Nissan Fuga |
Variante | Nissan Cima Nissan Leopard Nissan Crew Nissan Gloria |
In Japan was die Cedric/Gloria-reeks liefdevol CedGlo genoem, en hierdie lang-lopende reeks het uiteindelik tot 'n einde gekom in Oktober 2004 nadat dit vervang is deur die Nissan Fuga. Die Cedric naam is nog steeds in gebruik en is in produksie op die Y31 reeks tradisioneel gebruik as 'n taxi, waar dit kompeteer met die Toyota Comfort. Deur al die baie weergawes van die Cedric, is dit altyd beskou om die hoofmededinger van die Toyota Crown te wees. Die ornament op die kap is geïnspireer deur die diamantpatroon wat gebruik word deur Lincoln, maar is verander na twee reghoeke langs mekaar geplaas.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |