Noah Lyles (gebore 18 Julie 1997) is 'n Amerikaanse baan- en veldnaelloper wat aan die 60 meter, 100 meter en 200 meter items deelneem. Sy persoonlike beste van 19.31 sekondes in die 200m is die Amerikaanse rekord, en maak hom die derde vinnigste in die item van alle tye. Hy is 'n Olimpiese kampioen en sesmalige Wêreldkampioen.[1][2][3][4]

Lyles het die goue medalje by die 2024 Olimpiese Spele gewen in die 100m. Hy is ook driemalige wêreldkampioen (4 x 100 m-aflos in 2019, 100 m en 4 × 100 m-aflositems in 2023), en was 'n 100 m en 4 × 100 m aflos goue medaljewenner by die 2016 Wêreld onder 20 Kampioenskappe.

In die 200 m is Lyles 'n driemalige wêreldkampioen (2019, 2022, 2023) en die bronsmedaljewenner by die 2020 en 2024 Olimpiese Spele. Hy het ook 'n goue medalje in die 2014 Jeug Olimpiese Spele gewen.[5][6]

Lyles het 'n naelloop driekuns behaal deur goue medaljes te wen in die 100 meter, 200 meter en 4x100 meter items by die 2023 Wêreldkampioenskappe.[7]

Verwysings

wysig
  1. "Noah LYLES – Athlete Profile". World Athletics. Besoek op 1 Januarie 2023.
  2. "Noah Lyles". teamusa.org. United States Olympic & Paralympic Committee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op 29 Julie 2020. {{cite web}}: Text "USOC" ignored (hulp)
  3. "Noah Lyles". teamusa.org. United States Olympic & Paralympic Committee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op 29 Julie 2020. {{cite web}}: Text "USOsalam melecumC" ignored (hulp)
  4. "Noah LYLES". Inside Athletics (IAAF). November 8, 2016. https://www.youtube.com/watch?v=y4sYOuNxSVY. Besoek op April 15, 2019. No. 11, season 4. 
  5. "Traditions – Seton Hall Athletics". shupirates.com. Seton Hall Pirates. 10 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2018. Besoek op 15 April 2019.
  6. "All About Noah Lyles' Parents, Keisha Caine Bishop and Kevin Lyles". Peoplemag (in Engels). Besoek op 5 Augustus 2024.
  7. "World Athletics Championships 2023: Noah Lyles completes hat-trick of world titles, anchoring USA to men's 4x100m relay win". Olympics.com. Besoek op 9 Augustus 2024.