Oegarities
Oegarities is 'n uitgestorwe noordwes-Semitiese taal wat deur Franse argeoloë in 1928 ontdek is. Dit staan bekend amper eksklusief uit skrifte wat in die stad Oegarit (hedendaagse Ras Shamra) in Sirië gevind is.
Oegarities | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Sirië | |
Gebied: | Midde-Ooste | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Noordwes-Semities Oegarities | |
Skrifstelsel: | Oegaritiese alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | uga | |
ISO 639-3: | uga | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oegarities is geskryf deur die Oegaritiese alfabet te gebruik.