Oewari (Astrachan-oblast)
Oewari (Russies: Увары) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Tsjagan Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee nedersettings, Oespech en Tsjagan, insluit. Soos baie ander dorpies in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die linkeroewer van die gelyknamige Oewaririvier 8 kilometer suidwes van die rajon se setel, Kamiziak.
Oewari Увары | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°02′45″N 48°02′08″O / 46.04583°N 48.03556°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 1 034 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416301 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Oewari 1 034 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 1 Augustus 2023.