Onderstepoort-dierehospitaal

Onderstepoort is 'n veeartsenykundige navorsingsentrum naby Pretoria. Dit is deur sir Arnold Theiler gestig as gevolg van die runderpes wat in 1896 uitgebreek het. Hy het dit ontwikkel tot een van die suksesvolste inrigtings van sy soort in die wêreld. Hier word ook entstowwe geproduseer. Die Veeartsenykundige Fakulteit van die Universiteit van Pretoria is hier gevestig.

Sir Arnold Theiler-gebou
Die Navorsingslaboratorium op Onderstepoort, hier afgeneem in 1910.