Orohena
Orohena is ’n berg op Tahiti Nui, die grootste deel van Tahiti in Frans-Polinesië in die suidelike Stille Oseaan. Op ’n hoogte van 2 241 m[1][2] bo die seevlak is dit die hoogte punt van Frans-Polinesië.
Orohena | |
---|---|
Ligging | Tahiti, Frans-Polinesië |
Hoogte | 2 241 meter bo seevlak |
Prominensie | 2 241 |
Koördinate | 17°49′21.96″S 149°12′55.27″W / 17.8227667°S 149.2153528°W |
Bergtipe | Vulkaan |
Laaste uitbarsting | Onbekend |
Orohena is een van drie berge wat Tahiti vermoedelik gevorm het.[3] Die ander twee is Aorai (2 066 m) en Roonui (1 332 m).
Verwysings
wysig- ↑ "Australia, New Zealand, Oceania Ultra-Prominence Page" Peaklist.org. URL besoek op 2011-12-09.
- ↑ Mont Orohena op peakbagger.com
- ↑ "Tahiti Background: Geography". Island Hopping from Shore to Shore: A Student Travel Guide to the South Pacific (in Engels). Simon Fraser University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 29 Januarie 2008.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia