Osei Kofi Tutu I
Osei Kofi Tutu I was een van die stigters van die Asjantiryk, met die hulp van sy hoofpriester, Okomfo Anokye. Die Asjanti was ’n sterk, oorloglustige en hoogs gedissiplineerde volk van Wes-Afrika. Osei Tutu het ’n verbond van Asjanti-state teen hulle oorheersers, die Denkyira, gelei en hulle verslaan. Deur diplomasie en oorlogvoering het hy daarna die leiers van ander Asjanti-stadstate oorreed om trou aan sy hoofstad, Kumasi, te sweer.
Osei Tutu I | ||
Asantehene | ||
Bewind | c. 1675/1680-1717 | |
Voorganger | Obiri Yeboa | |
Opvolger | Opoku Ware I | |
Koningshuis | Oyoko Abohyen | |
Gebore | c. 1660 Anyinam[1] | |
Gesterf | c. 1717 | |
Vader | Owusu Panyin | |
Moeder | Maanu Kotosii[2] | |
Volle naam | Otumfuo Nana Osei Kofi Tutu Opemsoo |
Deur sy hele bewind is hy van raad voorsien deur Anokye, ’n geestelike wie se spirituele invloed op die volk gehelp het om die ryk te stig.
Asjantiryk
wysigDie Asjantiryk is amptelik in 1701 gestig en Osei Tutu is gekroon as Asantehene (koning van die Asjanti). Hy het op die troon gebly tot met sy dood in omstreeks 1717. Osei Tutu was die vierde heerser in die koninklike geskiedenis van die Asjanti nadat hy sy oom, Obiri Yeboa, opgevolg het. Die Asjanti het die grootste deel uitgemaak van die Akanvolk.
Verwysings
wysig- ↑ Casely-Hayford, Gus (2012). The Lost Kingdoms of Africa. Croydon: Bantam Press. pp. 260–261. ISBN 9780593068144.
- ↑ Kofi Marfo (1999). An Introduction to Ghanaian Literature. str. 48
Bronne
wysig- "Osei Tutu (d. 1717)", Black History Pages.
- https://archive.is/20040428083020/http://members.tripod.com/~Abyssinia/Africa/OseiTutu.html
- "Osei Tutu", Encyclopædia Britannica.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.