Eerste Babiloniese dinastie
Die Ou Babiloniese Ryk, of Eerste Babiloniese Ryk, is gedateer na c.1894–1595 v.C., en kom na die einde van Sumeriese mag met die vernietiging van die Derde Dinastie van Ur, en die daaropvolgende Isin-Larsa-tydperk. Die chronologie van die Eerste Babilonië dinastie word gedebatteer.
Oor hierdie eerste bloeitydperk, die eerste dinastie van Babilon, bestaan talle bronne. Een bron (die argiewe van Mari) bied insig in die politieke en diplomatieke verhoudinge van die Babiloniërs met volke buite Mesopotamië. 'n Provinsiale argief te Larsa verduidelik hoe Hammoerabi die land verdeel wou hê en hoe die administrasie daar moes uitsien.
Die gemiddelde Mesopotamiese stad is in die tydperk deur 'n raad van oudstes met 'n burgemeester aan die hoof bestuur, terwyl 'n soort "kamer van koophandel" vir die belastings verantwoordelik was. Die uitgestrekte landgoedere is meestal deur religieuse ordes beheer. Onder die bronne wat bewaar gebly het, is wetboeke van 3 konings (waaronder die beroemde Codex Hammurapi of Kodeks van Hammoerabi) en duisende ander juridiese dokumente.
Bronnelys
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409591, volume 18, bl. 1443