Ozeaneum Stralsund
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Deutsches Meeresmuseum
Stralsund
Duitsland
Opening
11 Julie 2008
Direkteur
Harald Benke
Webtuiste
ozeaneum.de
Die Ozeaneum in die Hansestad Stralsund is 'n natuurkundemuseum wat op die oseane fokus en deel uitmaak van die stigting Deutsches Meeresmuseum ("Duitse Seemuseum"), met 'n vertoonruimte van 8700 m².
Naas die uitstallings en akwariums, wat in die seemuseum se hoofgebou in die voormalige Stralsundse Dominikaneklooster St. Katharina gehuisves word, word in die Ozeaneum op die hawe-eiland vyf permanente uitstallings en akwariums met seehabitats van die Oos- en Noordsee asook die noordelike Atlantiese Oseaan vertoon. Die grootste akwarium-tenk (met die oop Atlantiese Oseaan se habitat) bevat 2,6 miljoen liter water.
Die Ozeaneum, wat sy deure in 2008 vir die publiek geopen het, is in 2010 aangewys as die Europese Museum van die Jaar.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Deutsches Meeresmuseum - Museumsstandorte. Besoek op 8 Mei 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2016. Besoek op 8 Mei 2016.