Paarl Post
Die Paarl Post is 'n plaaslike koerant in Suid-Afrika wat hoofsaaklik in die Paarl, Wellington en Franschhoek in die Wes-Kaap versprei word. Dit is 'n tweetalige weekblad in Afrikaans en Engels met 'n oplaag van 17 000 kopieë. Die leserstal word op 92 000 geskat en is grootliks Afrikaanssprekend.
Die koerant het gewoonlik 32 tot 48 bladsye en word in poniekoerant-formaat gedruk. Die inhoud fokus op algemene nuus, sport, sosiale lewe en ontspanning. Dit bevat ook bylaes wat aan sake- en die eiendomsmark gewy is.
Geskiedenis
wysigDie Paarl Post is vir die eerste keer op 14 Januarie 1905 gepubliseer en is die opvolger van Die Afrikaanse Patriot, die eerste Afrikaanse koerant in Suid-Afrika. In 1995 het Media24, 'n filiaal van die Naspers-mediagroep 'n 50% aandeel bekom. Naspers het hulle belang in 2002 na 75% uitgebrei. Sedertdien behoort die Paarl Post aan die mediagroep Boland Koerante, wat veertien plaaslike titels uitgee, en self 'n filiaal van Naspers is.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste Geargiveer 24 September 2011 op Wayback Machine