Palmboom-moskee

moskee in die Bo-Kaap i

Die Palmboom-moskee (soms Dadelboom-moskee) in die Bo-Kaap is op een na die oudste moskee in Suid-Afrika.

Die Palmboom-moskee in 2012.

Ligging

wysig

Die moskee is by Langstraat 185, Bo-Langstraat, by 33° 55′ 29.17″ suid en 18° 25′ 0.46″ oos tussen winkels, restaurante en nagklubs. Voor die gebou staan ‘n palmboom, maar daar is geen minaret nie.

Geskiedenis

wysig

Die huis is gebou tussen 1787 en 1790 en is die oudste oorspronklike en hoofsaaklik onveranderde gebou in die straat. Jan van Broekies, ‘n Moslem en vrygstelde slaaf, trou met die dogter van sy imam. Omdat die VOC nie die Moslem-geloof aangemoedig het nie, het die gelowiges in privaat wonings vergader. Van Broekies koop die huis as woonhuis vir sy skoonouers en as moskee. In 1807 is dit die eiendom van die Moslems Frans van Bengalen en Jan van Bougies en omskep een kamer tot gebedsruimte. Vanaf 1811 is Van Bougies die alleeneienaar en word tussen 1811 en 1821 die boverdieping, een groot ruimte, aangebou.

Langstraat

wysig

Weens die stadige verhoging van die straatvlak het die huis laer as die straat kom te lê. Daarom is die onderkant van die onderste vensters maar enkele sentimeters bo die sypaadjie.

Palms

wysig

Jan van Broekies het kort na 1790 palmbome in die tuin voor die huis aangeplant. Met die verbreding van die straat het die tuin met sy bome verlore geraak. Tydens ‘n suidoosterstorm in November 1965 het die laaste palm omgeval en is dit deur Stad Kaapstad vervang.

Bronnelys

wysig