Pantokratoros-klooster
Die Pantokratoros-klooster (Grieks: Μονή Παντοκράτορος) is ’n Oosters-Ortodokse klooster in die noordoostelike deel van Berg Athos in Griekeland. Dit is sewende in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan die Verheerliking van Jesus. Daar is sowat 17 werkende monnike.
Die klooster is in 1363 gestig. Die biblioteek bevat sowat 350 manuskripte en 3 500 gedrukte boeke in Grieks en Turks.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Griekse departement van kultuur: Pantokratoros Geargiveer 29 Oktober 2006 op Wayback Machine
- Pantokratoros op Berg Athos se webtuiste Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia