Parsek
’n afstandseenheid wat in die sterrekunde gebruik word; 3,26 ligjare, 31 biljoen kilometer
’n Parsek is ’n afstandseenheid wat in die sterrekunde gebruik word. Een parsek is 3,26 ligjare, wat net minder is as 31 biljoen (3.1×1013) kilometer. Dit is die afstand wat gemeet word as die gemete hoek α in die tekening aan die regterkant 1 boogsekonde (1/3600°) is.
Die term is in 1913 geskep as ’n afkorting van "’n afstand wat ooreenstem met ’n parallaks van een sekonde".[1]
Berekening
wysigAs die afstand van die aarde na die son 1,5×1011 meter is.
α = 1 boogsekonde = 1/3600° = 0,000277778° = 2,778×10−4 °
Dus:
Een ligjaar is 3×108 m/s [spoed van lig] × 3600 s/h × 24 h/dag × 365 dae/jaar = 9,46×1015 meter
Dus: 1 parsek = 3,09×1016 m / 9,46×1015 m/ligjaar = 3,26 ligjaar