Parysgroen

chemiese verbinding
#50C878

Parysgroen ((de) Schweinfurter Grün) is 'n pigment, maar ook 'n dodelike gifstof.[1] Dit is koper (II) arsenietasetaat, 'n dubbele sout wat koper, arseen, en die anioon van asynsuur verbind. Die chemiese formule is Cu(CH3COO)2 · 3 Cu(AsO2)2.

Parysgroen is sedert die 19de eeu as 'n kleurstof in skilderwerk gebruik. Dit word aangeprys vir sy kleurintensiteit en ligspoed, maar sy giftigheid is reeds lank bekend. Sy toksiese eienskappe en gebruike dateer terug na die Tweede Wêreldoorlog, toe dit as 'n plaagdoder vir rotte in Parys en malariamuskiete in Italië en omstreke gebruik is.[2]

Kleurkoördinate

wysig

Volgens verskeie kleurskemas word parysgroen as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #50C878
RGB-kleurmodel (80, 200, 120)
CMYK (60, 0, 40, 22)
HSV (140°, 60%, 78%)

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Hazardous Substance Fact Sheet" (PDF). NJ Dept. of Health and Senior Services. Besoek op 7 Februarie 2011.
  2. Justin M. Andrews, Sc. D. (1963). "Preventive Medicine in World War II, Chapter V. North Africa, Italy, and the Islands of the Mediterranean". Washington, D.C. USA: Office of the Surgeon General, Department of the Army. p. 281. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 30 September 2008.