Patricia Krenwinkel

Patricia Dianne Krenwinkel (gebore 3 Desember 1947) is 'n Amerikaanse veroordeelde moordenaar en was 'n hooflid van die Mansonbende, wat deur Charles Manson gelei is.[1] Op 9 Augustus 1969 het sy, Tex Watson en Susan Atkins die swanger aktrise Sharon Tate en vier ander mense in Los Angeles vermoor. Die volgende nag het van Manson se volgelinge na Los Feliz, Los Angeles, gery waar hulle Leno en Rosemary LaBianca ook vermoor het.

Patricia Krenwinkel
Krenwinkel in 1973.
Krenwinkel in 1973.
Gebore  03 Desember 1947 (1947-12-03) (76 jaar oud)
Bynaam  Big Patty
Yellow
Marnie Reeves
Mary Ann Scott
Katie
Ander name  Patricia Dianne Krenwinkel
(geboortenaam)
Misdaadbesonderhede
Misdaad  Moord, sameswering tot moord
Beweging  Mansonbende
Vonnisbesonderhede
Vonnisdatum  29 Maart 1971
Vonnis  Doodstraf, versag tot lewenslank (1972)
Status  In tronk

Krenwinkel was in die "Familie" onder verskeie byname bekend, soos Big Patty, Yellow, Marnie Reeves en Mary Ann Scott, maar die meeste het haar Katie genoem.

Ná die dood in 2009 van haar medebendelid Susan Atkins is Krenwinkel nou die langs dienende vroulike gevangene in Kalifornië.[2]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Linder, Doug (2014). "The Charles Manson (Tate–LaBianca Murder) Trial". University of Missouri–Kansas City School of Law. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  2. Woo, Elaine (26 September 2009). "Susan Atkins dies at 61; imprisoned Charles Manson follower". Los Angeles Times. Besoek op 15 November 2012.

Skakels

wysig